NET EEN TREE TUSSEN MY EN DIE DOOD

Geskryf deur CJ. KILIAN. Gepos in Geskrewe Preke

Ek was twee jaar oud toe my moeder my hierdie woorde hoor sing het: “Jesus is die soetste Naam vir my.” Ek het met die gang in ons huis afgestap gekom met my wit krulkop en vet beentjies.

Vandag is ek twintig jaar oud en is opgesluit tussen die vier mure van ‘n dodesel. Ek is aangekla van moord, skuldig bevind en ter dood veroordeel, maar ek is bly om vandag te kan sê: “Jesus is die soetste Naam vir my.”

Ons het arm maar tog Christelik groot geword en toe ek nog klein was, het my moeder ons menigmaal in die kamer geneem om vir ons kinders ‘n stukkie uit die Bybel te lees, asook om ‘n gebed te doen.

Op 15-jarige ouderdom het ek uitgespring om vir myself te sorg en ek het alles gedoen wat vuil en gemeen was. Ek was ‘n sondaar en het selfs gesê dat die Bybel maar net ‘n goeie boek is en dat dit die rede is waarom mense dit lees. Ek was in die leër, waar ek vandaan gedros en ‘n dame ontmoet het. Ons he took eenmaal moeilikheid gehad omdat ek God aangespreek het as “die ou kêrel daarbo.” Dieselfde dame wou ek om die lewe bring en myself daarna. Vandag sidder ek as ek daaraan dink. Waar sou ek vandag gewees het? Verlore vir ewig. In elk geval, ek het ‘n pistool gekoop vir die doel en ek het nie verder gedink nie. Die einde was date k ‘n onskuldige persoon geskiet, of liewer vermoor het.

Elf weke het ek op my verhoor gewag. Ek het ‘n Bybel van ‘n sekere Mev. Payton ontvang met naastenby hierdie woorde voor in geskryf: “May the Lord reveal Himself unto you in your time of need. He will save you if you will go to Him for help.” Maar ek was nog volkome in die mag van die Satan en in plaas van al my moeilikhede na God te neem, het ek en nog ‘n persoon saam ‘n storie uitgedink om in die hof te vertel. Die Bybel het in die sel vergete gelê. Met my moeder in di ehof teenwoordig het ek die doodvonnis aanghoor en my eerste woorde aan ‘n polisiekonstabel was: “Is daar nog tyd om reg te maak?” of “Kan ek nog regmaak?”

Ek is toe opgesluit in die dodesel en die dag na die vonnis uitgespreek was, het ek ‘n baie mooi Bybel van die oorlede persoon se familie as ‘n geskenk ontvang met die volgende woorde voor in geskrywe: “So lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen (ook jy) wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê” (Joh 3:16).

‘n Paar dae later het Mnr. Kilian van Windhoek my besoek. Hulle het my na die Superintendent se kantoor geneem waar hy op my gewag het. Ek kan nie meer alles onthou wat Mnr. Kilian vir my gesê het nie, maar die volgende tekste onthou ek goed: 1 Joh 1:9, Joh 1:12, 6:37. Mnr. Kilian het my gevra om 1 Joh 1:9 deur te lees, maar om my naam daarin te sit en ek het gelees: “As Gert, Gert se sondes bely, Hy is getrou en regverdig om Gert se sondes te vergewe en Gert van alle ongeregtigheid te reinig.” Nog ‘n teksvers wat ek nooit sal vergeet nie is Joh 6:37 “En Ek sal hom wat na My toe kokm, nooit uitwerp nie.”

Saam he tons neergekniel en ek het eerste gebid en terwyl ek gebid het, het ek begin huil. Ek het aan die liewe Heer gesê dat ek gesondig het. Mnr. Kilian he took gebid en toe ons daar opstaan, het ek gemerk dat mnr. Kilian ook ‘n traan agter sy bril wegvee. Van toe af het ek Psalm 23 elke aand gelees, maar ek het maar weer begin vloek, leuens vertel en allerhande sonde gedoen. Wanneer mnr. Kilian my besoek het, het ek dit maar weggetsteek. Dit het my gepla en toe ‘n sekere persoon my gevra het hoe ek voel, het ek gesê date k reg was om te verhuis, maar binne-in my het ‘n stemmetjie gefluister date k besig was om te lieg.

By geleentheid van een van mnr. Kilian se besoeke het ek besluit om openlik met hom te praat. Weer he tons saam neergekniel en het ek die Heer belowe om voortaan net vir Hom te lewe en, danksy Sy liefde en genade, kan ek nou met die grootste vrymoedigheid sê: “Ek leef nie meer nie, maar Jesus leef in my.”

Ek het mnr. Kilian gevra of rook sonde is en toe het hy vir my ‘n teksvers gelees dat ons ‘n temple is waarin die Heer wil woon en as ons nie die vrymoedigheid he tom voor ‘n kansel te rook nie, omrede dit in die temple van die Heer is (‘n temple met hande gebou), hoeveel te meer dan die temple wat deur die Heer se hande gemaak is, naamlik ons liggaam. Deur die liewe Heer se bystand het ek nog nie weer ‘n sigaret of pyp in my hand gehad om te rook nie.

Vandag is ek deur die bloed van Christus verlos en vergewe en, as dit Sy wil is, dan gaan ek binnekort na die skone hemel om in die teenwoordigheid van my Verlosser te gaan woon tot in alle ewigheid. Hy het my volkome vergewe en ek wéét my Heer het my naam in die boek van die lewe geskrywe en Hy berei ‘n plek vir my, want Hy het gesê: “Wie na My toe kom sal Ek nooit uitwerp nie,” en ook: “In die huis van My Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het.”

Ek is gereed om Hom te ontmoet en tot tyd en wyl dit geskeid, sale k bly glo en Sy Naam groot maak, want Hy het my rus en vrede gegee. Ek sal ook altyd bly uitroep: “Ek weet my Verlosser leef.”

Ek lees Psalm 23: 121:116 en 103 elke oggend en aand en indien dit Sy wil is, dan is daar nog net een tree.

Hoe wonderlik Gods weë, dat ek miskien deur die pad van die galg hemel toe sal gaan. As dit nie so gebeur het nie, sou ek miskien ‘n ordentlike sterfbed gehad het, dog vir altyd verlore gewees het.

 

U het seker in die koerante gelees dat Gert du Plessis Lamprecht op die 9de September 1955 in Windhoek se Hoërhof ter dood veroordeel is weens moord op Marin Vermeulen.

Dit was die eerste Sondag na sy veroordeling date k hom in die gevangenis besoek het en dat hy sommer met die ontmoeting aan my gesê het: “Mnr. Kilian, ek bid baie in dié dae, maar ek bid teen ‘n muur vas.” Ek slaan toe my Bybel oop by Jesaja 59:1,2 en lees: “Kyk, die hand van die Here is nie te kort om te help nie en Sy oor is nie te swaar om te hoor nie; maar julle ongeregtighede het ‘n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het Sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.”

Ek sê toe vir hom dat dit sy muur is wat sy gebede verhinder. Ons moet onthou dat as ons ‘n sonde gedoen het en dit in die verlede oor ons skouers gegooi het, dat ons geensisns daarmee klaar is nie, maar dat ons dit net op daardie muur gegooi het om dit hoër te maak; en as ons eendag wil omdraai om na God te kom, dan loop on sons teen ons eie muur van sonde vas. Ek vra hom toe: “Wat moet jy nou met jou muur van sonde doen om dit weggeruim te kry, sodat jy by God kan kom?” Hy is toe na 1 Joh 1:9 geneem waar die Heer sê: “As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.” Ook Joh 1:12; 6:37 en ander Skrifture het ek genoem. Hy het die waarheid gou gesien en dit gevat. Ons het neergekniel en hy het sy sonde aan die Heer bely en Hom aangeneem as sy persoonlike Verlosser en Saligmaker.

Alhoewel hy die stap gedoen het, he thy tog nie dwarsdeur met die Heer gegaan nie. Eendag toe ek hom weer in die dodesel besoek, kon ek merk daar is iets verkeerd. Dit het lank geduur voor hy met die waarheid voor die dag gekom het. Hy sê toe aan my: “Oom Kilian, ek voel nog maar net 90% en ek wil 100% wees.” Toe vervolg hy: “Is dit sonde om die gevangenis se reëls te oortree?” “Gert,” sê ek, “maak jou Bybel” – ‘n Bybel wat deur die Vermeulenfamilie aan hom gestuur is net ndat hy tot die dood veroordeel was – “by Rom 13:1 & 2 oop.” Ek lees dit toe aan hom uit my Bybel voor: “Laat elke mens hom onderwerp aan di emagte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel, soda thy wat hom teen di emag versit, die instelling van God weerstaan; en die wat dit weerstaan, sal hulle oordeel ontvang.” Ek het nie nodig gehad om verder met hom te praat nie. Hy het dit verstaan en my vertel van ‘n regulasie van die gevangenis wat hy oortree het. Wat moes hy nou doen? Ek het aan hom gesê dat daar net een ding was om toe doen as hy vrede met God wou hê en dit was om die ding te gaan bely. Nadat hy nog ‘n paar hindernisse bespreek en uit die weg geruim het, sê hy: “Oom Kilian, nog vanmiddag gaan ek dit doen.” Toe ek hom die volgende dag besoek, was hy vol vreugde en ek het in my gemoed gewaar dat hy dié keer waarlik deur is met God en lig gevind het.

By ‘n ander geleentheid het hy my weer gevra: “Oom Kilian, is dit sonde om te rook? (want hy het baie gerook). Ek vra hom toe: “Gert, sê my, sal jy voor die kansel in die Kerk gaan staan en jou sigaret opsteek?” “Nee,” sê hy. “Hoekom nie?” “Nee, maar dit is ‘n heilige plek.” Ek sê toe dit is ‘n temple met mensehande gemaak, maar luister wat sê God se Woord: “Weet julle nie dat julle ‘n temple van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die temple van God skend, sal God hom skend, want die temple van God is heilig, en dit is julle” (1 Kor 3:16-17). Dit was die laaste dag wat hy gerook het. Die Heer het hom hieroor volkome oorwinning gegee tot die dag van sy teregstelling.

God was vir hom ‘n werklikheid en Sy teenwoordigheid so lieflik, dat dit my, wanneer ek hom besoek het, meer aan ‘n voorportaal van die hemel laat dink het as aan ‘n dodesel. Hy het nooit met afsku van die dodesel of die galg gepraat nie, omdat hy bereid was daarvoor.

Hoe het hy nie sy Bybel bestudeer en versies wat hom getref het, onderstreep nie! Soms as ek daar kom, sê hy: “Oom Kilian, die Here het die gedeelte vir my so lieflik oopgemaak.” Hy het die Woord van God geëet (Eseg 3:1-3). Sy siel is waarlik gevoed en hy het met rasse skrede vordering gemaak en toegeneem in genade. Hy het in die drie maande meer toegenem in genade as baie mense wat bely dat hulle al lank Christene is. Waar staan u?

Hy het ‘n ware las vir siele gehad. Wanneer ons saam gebid het, he thy verskeie kere gesê: “Here, ek wil nie vir myself bid nie, maar vir … “ en dan he thy begin name opnoem.

Hy het baie briewe geskrywe waarin hy getuig het van wat die Heer vir hom gedoen het en traktaatjies, wat hy van ander gekry het, he thy dan weer aan behoeftige siele buite die gevangenis gestuur om sodoende iets vir die Heer en siele te probeer doen. Hy het selfs met diegene wat hom gedurende dié tyd opgepas het, gepraat en soms met hulle saam gebid.

Ek kan hom nou nog hoor bid: “Here, ek vra nie om versagting nie, maar net dat U wil sal geskied.” Hy was diep bewus daarvan dat hy regverdiglik veroordeel was en het die laaste môre gesê: “Ek kry wat die wet regverdiglik eis, maar by God het ek genade gevind.” Het u al genade gevind?

Nou kom ons by die laaste tonele van die teregstelling.

Nadat hy aangesê was dat hy die volgende dag om drie-uur namiddag tereggestel sou word en wat hy sover ek verneem het, kalm aangehoor het, is ek na die gevangenis ontbied waar e kook die nuus ontvang het. Daar is toe gereël date k die laaste oomblikke saam met hom sou deurbring. Ek is ook toegelaat om hom die aand te gaan sien, danksy die vriendelikheid, samewerking en diepe meegevoel van die Bestuurder, wat so baie beteken het vir hom en wat hy so waardeer het.

Ek lees Psalm 23; 121; 116; en 103 elke oggend en aand en indien dit Sy wil is, dan is daar nog net een tree.

Hoe wonderlik God’s weë, dat ek miskien deur die pad van die galg hemel toe sal gaan. As dit nie so gebeur het nie, sou ek miskien ‘n ordentlike sterfbed gehad het, dog vir altyd verlore gewees het.

Toe ek by hom kom, was hy net so vriendelik en opgeruimd soos gewoonlik. Toe hy gaan sit het, sê hy: “Oom Kilian, die Heer het dit nou goed gedink om nie my lewe te spaar nie, maar om my huis toe te neem. Miskien het Hy vir my werk daar anderkant.” Hy sê: “Dink net daaraan, Oom Kilian, volgende Kersfees is ek in die hemel!” Ek sê toe vir hom: “Gert, my vrou het vir jou Joh 14 gestuur om te lees, kom ons lees dit om die beurt., ek lees twee version jy twee.” Toe ons by die 14de versie kom, sê hy: “Kan ek nie alleen lees nie, Oom Kilian?” Ek sê: “Ja, seker.” Hy lees toe aan, maar toe hy by die 20ste versie kom, kyk hy op, so vriendelik asof ek hom nou nog sien, en sê: “Oom Kilian, ek jag, want ek by die 27ste versie kom, dit is vir my so ‘n mooi versie: “Vrede laat ek julle na, My vrede gee Ek julle; nie soos die wêreld gee, gee ek vir julle nie. Laat julle harte nie ontsteld word en bang wees nie.” (Dit is ook die versie waaroor ek by die begrafnis gepraat het). Daarna het hy 2 Kor 5:1-10 gelees en dit ‘n persoonlike saak gemaak: “Want ek weet dat as my aardse tentwoning afgebreek word, ek ‘n gebou het van God, ‘n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemelte.”

Liewe leser, is dit ook van u waar? Sal u dit ook met eerlikheid so kan lees soos Gert Lamprecht dit kon doen? Nadat ons saam gebid en gesing het, is ek toe weg.

Die volgende oggend om elfuur het my vrou en ek hom besoek. Hy was so bly en toe hy so voor ons sit, sê hy met ‘n groot glimlag: “Oom Kilian, ek is alreeds daar,” menende in Jesus se teenwoordigheid – en hy slaan so op sy knieë. “Dit is nog net die ou liggaam wat hier is.”

Ons het saam tee gedrink en ek het opgelet of daar senuweeagtigheid is, maar hy het sy koppie doodkalm vasgehou. Hy sê toe: “Antie Kilian, ek gaan vir u daar inwag en ook vir Oom Kilian; ek sien julle in daardie môre.” Toe is ons weg tot die namiddag toe ek oor is vir die laaste besoekie.

Net toe ek voor die gevangenis stilhou, klim sy moeder en suster, wat met die vliegtuig gekom het, uit die kar wat hulle van die lughawe gebring het. Ons is toe saam in en net soe sy ma hom sien, het sy flou geword. Nadat sy gelawe en op ‘n stoel gehelp is, he thy voor haar op sy hurke gaan sit en gesê: “Moeder, ons moenie huil nie, ons meot bly wees, Jesus kom my haal en ek gaan huis toe.” Hy was die een wat sy dierbares vertroos en moed ingepraat het. Hy het ook sy Bybel, sy laaste skat, aan sy moeder oorhandig. Sy moeder het my daarna gesê sy kon hom net sit en bewonder om die werklikheid by hom te sien.

Omtrent twintig minute voor drie is hy aangesê om klaar te maak om aft e gaan na die dodesel. Die toneel wat daar toe afgespeel het, toe hy sy moeder met die een arm om die lyf neem en sy suster met die ander arm en hulle vir laas kus om hulle nooit weer op aarde te sien nie, kan ek nie u beskrywe nie.

Te midde van dit alles was hy self kalm en bedaard. Ek het by hom ingehaak en met hom die gang afgestap na die dodesel. Al lopende he thy sy geliefkoosde koortjie gesing:

Twyfel nie meer, vertrou die Heer

Hy stel jou nooit teleur;

Al is jou nood ook nog so groot,

Jesus help seker deur.

Sing as die sonskyn lag.

Sing deur die donker nag;

Waar ons gaan, sit of staan,

Laat ons sing, sing, sing.”

In die dodesel he tons op sy bed gaan sit en saam gebid. Ek het sy hande in myne geneem en stip opgelet of ek enige senuweeagtigheid bespeur, maar hy was die kamlte self.

“Gert,” vra ek, “wat moet ek aan die jongmense sê? Is dit die moeite werd om die Here Jesus te kies?”

“Ja, Oom Kilian, dit is die moeite werd,” was sy antwoord.

Omtrent vyf voor drie haal ek my horlosie uit om te sien hoeveel tyd daar nog is. Hy lê toe sy regterhand op sy hart en sê met ‘n betekenisvolle glimlag: “Oom Kilian, die vrede van God is nou so vol hier in my hart, date k voel ek kan spring en jubel; ek het lus om soontoe (menende die galg) te hardloop.” Ons het ‘n paar koortjies saam gesing en een Engelse koortjie he thy nog met ‘n klokhelder stem alleen gesing.

Die Bestuurder het ingekom en met my oor iets kom praat en toe hy uitgaan vra Gert: “Oom Kilian, hou u die lyksrede? “Ja, Gert, ek neem dit waar.” “Ek is so bly” sê hy.

Ons het saam gebid en hy sê: “Here, as die lyn nou hier anderkant styf ruk, dan weet eke k is by U.” My vriend, kan u dit ook met soveel sekerheid sê?

Toe die beul kom om hom voor te berei en te kom haal, het ons afskeid geneem en he thy begin sing: “Ek kan hoor my Heiland roep my.” Ek sien hom nou nog wegstap van my af: Hy het bly sing en was in die koortjie net by die woordjie: “Waar Hy lei, daar sal ek meegaan”, toe die skavot val en hy oorgestap het van geloof na aanskoue, van hierdie tranedal na die heerlikheid in die hemel.

Liewe vriend, die teenwoordigheid van God was so ‘n werklikheid daar in die gevangenis, dat ‘n mens gevoel het jy trek met elke asemhaling Sy lifelike teenwoordigheid in. Die aakligheid van die dood was skoon verdrywe en die Kruis het geseëvier.

Ons lees dat die martelare in die middeleeue by die brandstapels neergebuk en die voet daarvan gesoen het en met lofsange op hulle lippe te midde van die vlamme gesterwe het. Job het gesê: “Volgens hoorsê het ek van U gehoor, maar nou het my oog U gesien” (Job 42:5). Hiervan kan e kook getuig. My vriend, ek was ooggetuie van die triomf van die Kruis. Vir niks op aarde sou ek dit wou gemis het nie. Om te sien hoe die krag van God, die krag van die Bloed, deur die werkinge van die dierbare Heilige Gees, ‘n geredde moordenaar triomfantelik deur die poorte dra, dan word hierdie dinge vir jou ‘n groeter werklikheid as ooit tevore.

Mag dieselfde Christus, waardeur Gert du Plessis Lampbrecht, lewe gevind het, ook aan u ewige lewe gee. God gee dit!